Vorms

Lidmaatinligting

Die inligting vanaf hierdie vorm word gebruik om lidmate op ons gemeentestelsel te registreer. Een vorm per gesin word ingevul. Die inligting word dan gebruik om lidmate in ons wykstruktuur in te deel, lidmate deel van ons kommunikasie-kring te maak en om die kinders deel van ons jeugaktiwiteite te maak. Dit is dus baie belangrik dat veral nuwe intrekkers in ons gemeente so spoedig moontlik hierdie vorm voltooi. Die vorm kan ook tydens die kerkkantoor se kantoor-ure of Sondae by die kerkkantoor voltooi word.

Doop

Ouers wat hulle kind(ers) wil doop moet hierdie vorm voltooi. Een vorm per kind word ingevul. Hierdie vorm word gebruik om die doop van jou/julle kind onder die aandag van die kerkraad te bring en om doopkategese by een van ons leraars vir jou/julle te skeduleer. Dit is egter belangrik om kennis te neem dat ons nie jou/julle kind kan doop indien jou/julle bewys van lidmaatskap nie deur ons gemeente ontvang is nie, met ander woorde, jy/julle moet 'n lidmaat van ons gemeente wees.

Helpende Hand

Voltooi asseblief hierdie vorm indien jy op ons webtuiste wil adverteer.

Nisaansoek

Op ons kerkterrein is 'n gedenkmuur met nisse waar die as van afgestorwe geliefdes geplaas kan word. Die koste per nis is by die kerkkkantoor beskikbaar. Indien jy graag 'n nis wil koop moet die aansoekvorm vorm hier onder ingevul word. Jy moet dan die vorm persoonlik, met die betaling na die kerkkantoor bring waarna jy die geleentheid sal kry om 'n beskikbare nis te kies (posisie). Dit is belangrik dat u die nisreglement lees alvorens u 'n nis koop.

Hoe lyk die gedenkmuur? Kliek Hier

Debietorder

Jy kan versoek dat jou maandelikse dankoffer elektronies na die kerk se bankrekening oorgeplaas word deur die debietordervorm te voltooi en aan die kerkkantoor te e-pos of om dit by die kerkkantoor in the handig.

Stuur vir ons 'n PDF vorm

As jy graag 'n PDF vorm na die kerk wil stuur, volg die volgende stappe:

  • Kies 'n PDF vorm deur op die vormskakel te kliek.
  • Die vorm sal dan in 'n nuwe venster of 'window' oopgemaak word (PDF-formaat). Indien jou rekenaar nie die PDF-formaat dokumente kan lees nie, dan het jy nie Adobe Reader op jou rekenaar nie. Gaan laai dit af vanaf Adobe.com en installeer dit op jou rekenaar. Daarna behoort jou rekenaar alle PFD-dokumente te lees.
  • Druk die vorm op jou drukker.
  • Vul dit skriftelik in.
  • 'Scan' die ingevulde vorm en stuur dit asseblief vir ons na rhkkantoor@nhkrhk.co.za. Heg die PDF vorm aan die e-pos.
Ons POPIA voldoening

Indien jy enige navrae het oor ons voldoening aan POPIA, stuur asseblief 'n e-pos na rhkkantoor@nhkrhk.co.za of jy kan na ons "Terms and Conditions of Use" en "Privacy Policy" verwys.